Antroposeen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Antroposeen is ’n voorgestelde epog wat begin by die mens se aansienlike impak op die aarde se geologie en ekostelsels, insluitende maar nie beperk tot die antropogeniese klmaatsverandering nie.[1][2][3][4][5]
Teen Junie 2019 het nog nie die Internasionale Kommissie oor Stratigrafie (ICS) of die Internasionale Vereniging oor Geologiese Wetenskappe (IUGS) die term amptelik aanvaar as ’n erkende onderafdeling van geologiese tyd nie,[3][6][7] hoewel die Antroposeenwerkgroep (AWG) van die ICS se Subkommissie oor Kwartinêre Stratigrafie in April 2016 daarvoor gestem het om voort te gaan met ’n aanbeveling om die Antroposeen in die geologiese tydskaal te definieer. Hulle het die aanbeveling in Augustus 2016 aan die Internasionale Geologiese Kongres voorgelê.[8] In Mei 2019 het die AWG met sy 34 lede gestem ten gunste van ’n amptelike voorstel aan die ICS.[9][10]
Verskeie begintye is al vir die Antroposeen voorgestel wat ooreenstem met die Holoseen-kalender en wat wissel van die begin van die Landbourewolusie 12 000 - 15 000 jaar gelede tot so onlangs as die 1960's. In Mei 2019 het die AWG gestem vir ’n begintyd van die middel 20ste eeu, maar die finale besluit sal nie voor 2021 geneem word nie.[9][11]