Apollo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Apollo (Oudgrieks: Ἀπόλλων; Apóllôn of Ἀπέλλων; Apéllôn) was een van die belangrikste gode in die Griekse en Romeinse mitologie. Hy was die seun van Zeus en Leto, en het ’n tweelingsuster, Artemis, gehad.
- Vir ander gebruike, sien Apollo (dubbelsinnig).
Kitsfeite Naam, God van ...
Apollo | |
---|---|
Griekse Olimpiese god | |
Die beroemdste beeld van Apollo, Apollo van Belvedère (Romeinse kopie van ’n Griekse oorspronklike van ca. 330–320 v.C., Vatikaanmuseum). | |
Naam | Apollo |
God van | musiek, poësie, kuns, woorde, boogskiet, plaag, medisyne, son, lig en kennis |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Lier, lourierkrans, luislang, kraai, boog en pyle |
Ouers | Zeus en Leto |
Broers, susters | Artemis |
Kinders | Asklepios, Troilos, Aristaios, Orfeus |
Romeinse eweknie | Apollo |
Sluit
Van al die gode was sy eredienste die wydste verspreid onder die Griekse volk en het hy die hoogste aansien geniet. Die Griekse digters maak dikwels melding van hom, want hy het ’n groot invloed gehad op die ganse lewe van die Grieke, van godsdiens tot die staatsbestuur en Griekse gebruike. ’n Mens kan hom beskou as die leier van die Griekse volk op hul pad na die beskawing en ontwikkeling.