Die Appalache-bergreeks of Appalachiese Gebergte[1] is 'n lang bergreeks in Noord-Amerika. Die bergreeks is deels in Kanada, maar grotendeels in die noordooste van die Verenigde State van Amerika geleë. Dit strek oor 'n lengte van 1 500 myl vanaf die eiland Newfoundland in Kanada tot in die middel van Alabama in die VSA. Die individuele berge is gemiddeld 900 meter (3 000 voet) hoog. Die hoogste piek is Mount Mitchell in Noord-Carolina (2 037 m of 6 684 voet). Mount Mitchell is die hoogste punt in die VSA oos van die Mississippirivier, asook die hoogste punt in die ooste van Noord-Amerika.

Thumb
Ligging van die Appalachiese Gebergte in Noord-Amerika
Thumb
Die Appalachiese Gebergte in Noord-Carolina
Thumb
Mount Mitchell

Vandag is die Appalache slegs die afgetakelde oorblyfsels van 'n eens enorme bergreeks. Die berge is omtrent 480 miljoen jaar gelede gedurende die Ordovisium-tydperk gevorm en was destyds omtrent so hoog soos die Alpe en die Rotsgebergte.[2][3]

Die Appalachiese Staproete is 'n lang staproete wat byna oor die volle lengte van die bergreeks strek. Die gebied bevat talle steenkoolvelde.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.