From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ardhanarishvara (Sanskrit: अर्धनारीश्वर, Ardhanārīśwara) is ’n saamgestelde vorm van die Hindoegod Sjiwa en -godin Parwati. Ardhanarishvara word uitgebeeld as halfman, halfvrou, wat in die middel verdeel is. Die regterhelfte is gewoonlik Sjiwa en wys sy tradisionele eienskappe.
Die vroegste uitbeeldings van Ardhanarishvara dateer uit die Koesjan-periode vanaf die 1ste eeu n.C.. Die Puranas en verskeie ikonografiese verslae skryf oor die mitologie van Ardhanarishvara. Ardhanarishvara is steeds ’n gewilde ikonografiese vorm wat in die meeste Sjiwatempels dwarsdeur Indië aangetref word, hoewel min tempels aan die god opgedra is.
Ardhanarishvara verteenwoordig die samevatting van die manlike en vroulike energieë van die heelal. ’n Ander opvatting is dat Ardhanarishvara ’n simbool is van Sjiwa se alomteenwoordige teenwoordigheid.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.