Artikel X
From Wikipedia, the free encyclopedia
Artikel X (Engels: X Article), formeel getiteld The Sources of Soviet Conduct, was 'n artikel geskryf deur George F. Kennan onder die skuilnaam "Mr. X" en gepubliseer in die tydskrif Foreign Affairs in Julie 1947. Kennan, die Charge d'Affaires aan die Ambassade van die Verenigde State in die Sowjetunie van 1944 tot 1946, het in die artikel 'n beleid van inperking (containment) van die Sowjetunie en sterk anti-kommunistiese optrede bepleit.