From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tuha'a Pae, of Austraaleilande (Frans: Îles Australes of Archipel des Australes), is die mees suidelike groep eilande van Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Geografies bestaan hulle uit twee aparte argipels, Tupua'i (Îles Tubuaï) in die noordweste en die Basseilande (Îles basses) in die suidooste. Eersgenoemde bestaan uit Îles Maria, Rimatara, Rūrutu, Tupua'i en Ra'ivāvae; en laasgenoemde uit die hoofeiland, Rapa Iti, en die kleiner Marotiri. Die bewoners van die eilande is bekend vir hul weefwerk.[2]
Austraaleilande Inheemse naam: Îles Australes, Tuha'a Pae | |
---|---|
Kaart van die Austraaleilande. | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan |
Argipel | Polinesië, Frankryk |
Totale eilande | 7 |
Hoofeilande | Tupua'i, Rūrutu, Ra'ivāvae, Rapa Iti
|
Administrasie | |
Sien teks. | |
Oorsese gebied | Frans-Polinesië
|
Hoofstad | Tupua'i |
Grootste stad | Rūrutu (bev. 2 322)
|
Demografie | |
Bevolking | 6 820[1]
|
Die eilande Maria en Marotiri is nie geskik vir onderhoubare bewoning nie. Verskeie van die eilande het onbewoonde eilandjies of rotse aan hul kus.
Die Austraaleilande het ’n bevolking van sowat 6 300 op byna 150 km2. Die hoofstad is Tupua'i, maar die grootste stad is Rūrutu met ’n bevolking van 2 322.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.