Aäron
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aäron (Hebreeus: אַהֲרֹן, Ahärôn, helder verlig of die verligte, Arabies: هارون, Hārūn; Grieks: Ἀαρών) is 'n persoon wat in die Bybel en die Koran beskryf word. Hy was die ouer broer van Moses. Volgens Eksodus 7: 7 was hy drie jaar ouer as Moses maar jonger as Mirjam, hulle suster. Aäron het sy broer Moses gehelp om die Israeliete uit Egipte te lei. In die Hebreeuse Bybel (Ou Testament) word hy in die boek van Sjemot/Eksodus beskryf.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Aäron | |
---|---|
Standbeeld van Aäron in die Dresdense Vrouekerk | |
Gebore | |
Sterf | Berg Hor, Moab |
Nasionaliteit | Israeliet |
Bekend vir | Hoëpriester van Israel |
Eggenoot | Eliseba |
Kinders | Nadab, Abihu, Eleazar, Itamar |
Ouer(s) | Amram en Jogebed |
Sluit
Kitsfeite Vereer in, Feesdag ...
Aäron | |
---|---|
Die hoëpriester Aäron Illustrasie in die Kievan Psalter, 1397 | |
Vereer in | Judaïsme, Christendom, Islam |
Feesdag | Die Sondag voor geboorte (Sondag van die Heilige Vaders van die Ou Testament) (Oosters-Ortodokse Kerk) Maronitiese Kerk: 4 September |
Sluit
Aäron is met Eliseba, die dogter van Amminadab en die suster van Nagson getroud (uit die stam Juda) en hulle het saam vier seuns gehad: Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar (Eksodus 6: 22, Numeri 3: 2, 1: 7, 2: 3, 7: 12, 10: 14, Rut 4: 20, 1 Kronieke 2: 10-11).