Bergkwagga
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bergkwagga (Equus zebra) is 'n bedreigde sebraspesie wat in Suidwes-Angola, Namibië en Suid-Afrika voorkom. Daar is twee subspesies: die Kaapse bergkwagga (E. z. zebra) en Hartmannse bergkwagga (E. z. hartmannae), alhoewel daar voorgestel is dat laasgenoemde as 'n aparte spesie beskou moet word. Die Kaapse bergkwagga is net-net van uitwissing gered deur die stigting van die Nasionale Bergkwaggapark in 1937. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Bergkwagga | |
---|---|
'n Bergkwagga in die Louisville-dieretuin. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | E. zebra |
Binomiale naam | |
Equus zebra Linnaeus, 1758 | |
Verspreiding van die bergkwagga |
Bergkwaggas het 'n gemiddelde hoogte van 120 cm en kan 'n spoed van 65 km/h behaal wanneer hulle hardloop. Dit is maklik om die bergkwagga van die bontkwagga te onderskei: anders as by die bontkwagga het die bergkwagga 'n duidelike keelvel. Hy het ook geen skaduweestrepe nie en sy strepe strek ook nie om sy pens nie. Die strepe op sy bene strek reg om die bene en is duidelik tot op die hoewe.
Die merrie is 12 maande dragtig, waarna sy geboorte aan 'n enkele vulletjie skenk. Bergkwaggas het 'n moontlike lewensduur van 35 jaar.