From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Leer (stof)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Leer (stof)
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Leer is 'n materiaal wat van die vel van diere gemaak word. Die velle van beeste, varke en bokke word dikwels hiervoor gebruik. Vir meer eksotiese leersoorte word die velle van diere soos slange, krokodille en volstruise ingespan. Produkte soos skoene, handsakke en klere word van leer vervaardig.
Om die velle voor te berei word oortollige vleis eers verwyder. Indien velle bewaar word is daar 'n gevaar dat dit gaan verrot. Die faktore wat dit bevorder is[1]
Om die verrotting te verhoed word velle meestal of gedroog of met sout behandel. Droging is dikwels in die verlede toegepas, maar word vandag meestal vervang deur soutbehandeling. In droë, warme klimate waar sout duur en skaars is, word droging steeds toegepas. Ná die soutbehandeling moet die vel opnuut bevogtig word.
Daarna word dit in kalkwater geweek om die hare los te kry. Die ontharing word dikwels met 'n oplossing van gebluste kalk en sulfied (en/of waterstofsulfied) uitgevoer. Die volgende stap is om dit op te hang en die hare met 'n mes af te skraap. Vandag bestaan daar ook masjiene wat dit doen. Die kalk kan dan uitgewas word, waarna die looiproses begin.
Die velle word dan met 'n looistof in 'n kuip behandel, sodat dit leer word. Met die looiery word die proteïene in die vel onoplosbaar gemaak. Om die eintlike looibewerking beter te laat werk word die vel in 'n oplossing met 1% swaelsuur en 10% sout geplaas. Dit protoneer die karboksielgroepe van die kollageen. Dikwels word vir die looibewerking soute van chroom(III) gebruik, soos chroomaluin Cr2(SO4)3.K2SO4.24H2O. Die gebruik van chroom kan egter problematies wees omrede chroom(VI) karsinogeen is. Vandag word die gebruik tot chroom(III) beperk. Die bas van sekere bome, soos die swartwattel, is ook as looistof aangewend. Die leer kan ook na voorkeur gekleur word. Ter afronding word die leer gebrei om dit sag te maak.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.