Bosporus-brug
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bosporus-brug, ook bekend as die Eerste Bosporus-brug (Turks: Boğaziçi Köprüsü of 1. Boğaziçi Köprüsü) is een van twee brûe oor die Bosporus in Istanboel, Turkye, wat Europa en Asië verbind. Die ander is die Fatih Sultan Mehmet-brug, ook genoem die Tweede Bosporus-brug.
Kitsfeite Ligging, Loop oor ...
Bosporus-brug | |
---|---|
O1-snelweg oor Bosporus-brug in Istanboel. | |
Ligging | Istanboel, Turkye |
Loop oor | Die Bosporus |
Ontwerpers | Sir Gilbert Roberts en William Brown |
Ontwerp | Hangbrug |
Materiaal | Staal |
Spanning | 1 074 m |
Lengte | 1 510 m |
Breedte | 39 m |
Totale hoogte | 105 m |
Padvlakhoogte | 64 m |
Voltooi | 30 Oktober 1973 |
Koördinate | 41.05°N 29.03°O / 41.05; 29.03 |
Sluit
Die brug is tussen Ortaköy aan die Europese kant en Beylerbeyi aan die Asiatiese kant geleë. Dit is ’n hangbrug met staalmaste en is 1 510 m lank en 39 m breed. Die padvlak is 64 m hoog. Dit was die vierde langste hangbrug ter wêreld (die langste buite die VSA) toe dit in 1973 voltooi is en is tans die 21ste langste.