Bouillon, België

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bouillon, Belgiëmap

Bouillon is 'n stad in die Belgiese provinsie Luxemburg (Wallonië), sowat 153 kilometer suidoos van Brussel, met 'n oppervlakte van 149,09 km² en sowat 5 000 inwoners (2011).

Kitsfeite Land, Gewes (deelstaat) ...
Bouillon
Munisipaliteit
Thumb
Bouillon - die stad en die burg
Thumb
Vlag
Thumb
Wapen
Thumb
Ligging van Bouillon in die provinsie Luxemburg
Koördinate: 49°48′00″N 5°04′00″O
LandVlag van België België
Gewes (deelstaat) Wallonië
Provinsie Luxemburg
Regering
  BurgemeesterAndré Defat (ACTION)
Oppervlak
  Totaal149,09 km2 (57,56 vk. myl)
Bevolking
  Totaal5 464
  Digtheid37/km2 (100/vk. myl)
Poskode
6830-34, 6836, 6838
Skakelkodes061
Webwerfwww.bouillon.be
Sluit

Die stad lê in die vallei van die Semoisrivier, te midde van die bosgebied van die Ardenne-gebergte. Danksy die strategiese ligging by die handelsweg tussen die Duitse Eifelgebied en die Franse Champagne het Bouillon in die Middeleeue 'n belangrike rol gespeel.

Die bekendste boorling van die stad is Godfried van Bouillon, 'n deelnemer van die Eerste Kruistog, wat hier sy burg laat oprig het. Die indrukwekkende gebou bo-oor die vallei is die oudste Belgiese monument uit die tydperk van die feodalisme en 'n goeie voorbeeld vir die beskerming en tegelykertyd oorheersing van 'n bepaalde streek vanuit 'n strategies geleë burg.

Die historiese monumente en die natuurskoon van die omgewing maak van Bouillon 'n gewilde toeristebestemming.

Besienswaardighede

Bouillon - die burg en die ou brug oor die Semoisrivier
  • Die burg van Godfried van Bouillon staan tussen die lente en najaar oop vir besoekers. Die Godfried van Bouillon-museum herinner aan die tyd van die Kruistogte.
  • 'n Gebou uit die 18de eeu huisves die Hertoglike Museum wat die folklore en geskiedenis van die streek behandel.
  • Die vallei van die Semois en die Tombeau de Géant ("Graf van die Reus") is deel van die natuurskoon van die omgewing van Bouillon.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.