Brandrissie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die brandrissie (in Engels bekend as Cayenne pepper,[1] cow-horn pepper, aleva, bird pepper),[2] of, in sy poeiervorm, bekend as rooipeper of paprika — is 'n skerp rissie wat gebruik word om smaak en geur aan disse te verleen. Wanneer dit ryp is, het dit 'n helder rooi kleur, maar kan ook groen geëet word. Dié kultivar van Capsicum annuum is vernoem na die stad Cayenne in Frans-Guyana en is verwant aan soetrissies, jalapeños en andere. Die genus Capsicum is in die nagskadufamilie Solanaceae.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Brandrissie | |
---|---|
'n Groot, ryp brandrissie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Capsicum |
Spesie: | C. annuum kultivar: Cayenne |
Sluit
Die vrugte word normaalweg gedroog en gemaal, of verpulp en in koekies gebak, wat dan gemaal en gesif word om die verpoeierde spesery te lewer.