Britse wêreldryk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die grondslag vir die Britse wêreldryk is in die loop van die 18e eeu gelê toe Brittanje geleidelik beheer oor die wêreld se handelsroetes verkry het. Die skok van die Amerikaanse onafhanklikwording in die laat 18e eeu, het die koloniale geesdrif in die moederland laat afneem. Gedurende die 19e eeu het die Britse kolonies meer vryhede verkry. Aan die einde van die 19e eeu was die Britse ryk op sy hoogtepunt.
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Britse Ryk.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Handelsroetes en militêre basisse was nou nie meer so belangrik soos die blote besit van kolonies nie. Die Eerste Wêreldoorlog het egter 'n groot verandering teweeggebring. Die Blanke kolonies wat Brittanje daadwerklik in die oorlog bygestaan het, het nou op groter outonomiteit begin aandring en die status van dominiums verkry. Die Tweede Wêreldoorlog het grootskaalse en vinnige dekolonisasie tot gevolg gehad. Vandag is die Britse Gemenebes 'n organisasie met weinig betekenis.