Wilhelm Bruckner de Villiers (16 Maart 1875 - 21 Julie 1948) was 'n Volksraadslid van die Nasionale Party vir die kiesafdeling Barkly van 13 Maart 1920 tot 31 Desember 1920 en weer van 18 Junie 1924 tot 30 April 1929 asook vir Stellenbosch van 13 Junie 1929 tot 11 April 1938 toe die Verenigde Party se Henry Fagan hom klop met 30 stemme.