Canopus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Canopus (ook bekend as Alpha Carinae of α Car) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Kiel (Carina). Dit is ook die tweede helderste ster soos van die Aarde gesien, naas Sirius. Canopus se skynbare magnitude is -0,72, en dit het 'n absolute magnitude van -5,53.
Kitsfeite
Canopus
| ||||
Canopus se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kiel | |||
Bayer-naam | Alpha Carinae | |||
Spektraaltipe | A9 II[1][2] | |||
Soort | Helder reus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 23m 57.10988s[3] | |||
Deklinasie | -52° 41′ 44.3810″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | -0,74[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -5,71[5] | |||
B-V-kleurindeks | +0,15[4] | |||
U-B-kleurindeks | +0,10[4] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 8±0,3[6] | |||
Radius (R☉) | 71±4[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 10 700[6] | |||
Temperatuur (K) | 6 998[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 8[5] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,07[5] | |||
Ander name | ||||
Suhayl, Suhel, CPD−52°1941, FK5 245, HD 45348, HIP 30438, HR 2326, SAO 234480, GC 8302[7] | ||||
|
Sluit
Canopus is 'n helder reus van spektraaltipe A9 II, hoewel dit voorheen ook as F0 Ib geklassifiseer is (Ib verwys na 'n "minder helder superreus") op grond van Canopus se groot ligsterkte. Dit is wit wanneer dit met die blote oog waargeneem word. Canopus kom voor in die verre suidelike hemelruim, by deklinasie -52° 42' (2000) en regte klimming 06h24.0m.[8]