Die Cape Town Rifles (Dukes) is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër. Dit bestaan sedert 1855, en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Semper eadem ('Altyd dieselfde').

Kitsfeite
Cape Town Rifles (Dukes)
Thumb
Gestig 28 November 1855
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Weermagdeel Suid-Afrikaanse Leër
Onderdeel van Suid-Afrikaanse Weermag Lugverdediging Artillery Formasie, Weermag Konvensionele Reserwe
Tipe Infanterie
Spesialisasie Motorisierte Infanterie
Hoofkwartier Kaapstad
Aantal lede Een bataljon
Sluit

Geskiedenis (Chronologie)

1850's

  • Gestig in 1855 as 'n vrywilligereenheid - oorspronklik heet die eenheid die 'Cape Rifle Corps', maar dit staan ook as die 'Cape Royal Rifles' en die 'Cape Town Volunteer Rifles' bekend.

1860's

  • Na 'n parade ter ere van die hertog van Edinburgh in 1867 word die eenheid die 'Duke of Edinburgh's Own Volunteer Rifles' genoem.

1870's

1880's

1890's

  • Betsjoeanaland-veldtog (1897) - aktiewe diens in die Langberg (Noord-Kaap).
  • Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902): ontplooi om die hoofspoorlyn in die Wes-Kaap te beskerm; in operasies teen Kaapse rebelle in Griekwaland-Wes; om verskeie dorpe in die noord-Kaap te beskerm; en as deel van die mag wat gestuur is om genl Jan Smuts se beleg van Okiep te beëindig.

1900's

  • Ontvang 'n Koningsvaandel in 1904 ter erkenning aan sy diens in die Tweede vryheidsoorlog.

1910's

  • In 1913 by die Burgermag van die nuwe Unie Verdedigingsmagte as die '2de Infanterie (Duke of Edinburgh's Own Rifles)' ingelyf.
  • Suidwes-Afrika-veldtog (1914-15): in 'n ondersteuningsrol by genl Louis Botha se Noordelike Mag.
  • Baie lede sluit aan by die 1ste Suid-Afrikaanse Infanterieregiment en veg in Egipte en op die Wesfront in Frankryk.

1920's

  • In 1930 met die Wiltshire Regiment (tans die Royal Gloucestershire, Berkshire & Wiltshire Regiment) in die Britse Leër affilieer.
  • In 1930 word die Graaf van Athlone as opperkolonel aangestel - hy beklee die amp tot sy dood in 1957.

1930's

  • Herdoop tot 'Duke of Edinburgh's Own Rifles' in 1932.

1940's

  • Oos-Afrika-veldtog (1940-41) - aktiewe diens in Kenya, Somaliland, en Ethiopië, insluitend die slag van El Wak, operasies aan die Jubarivier, die inval in Ethiopië, die slag van Combolcia, en die slag van Amba Alagi.
  • Noord-Afrika-veldtog (1941-42) - aktiewe diens in Egipte en Libië, insluitend die slag van Sidi Rezegh, die besetting van die Gazala-linie, die verdediging van El Alamein, en die klimaktiese slag van El Alamein.
  • In Transvaal gestasioneer as 'n tenkopleidingbataljon vanaf 1943 tot 1945.
  • Italiaanse veldtog (1945) - het nie aan enige gevegte deelgeneem nie.

1950's

  • Die vrywillige diensstelsel eindig in 1952 - vanaf 1952 tot 1967 is burgers vir diensplig geloot.
  • Die regiment vier sy eeufees in 1955.

1960's

  • Met republiekwording in 1961 verander die regiment sy naam na 'Cape Town Rifles'.
  • In 1966 verander die regiment sy naam weer, na 'Cape Town Rifles (Dukes)', om die ou bynaam te bewaar.
  • Ontvang die Vryheid van Toegang tot die Stad Kaapstad in 1967.
  • Vanaf 1968 tot 1993 is burgermagdiens verpligtend ('nasionale diensplig').

1970's

  • Grensoorlog (1966-89): verskeie operasionele diensbeurte in noordelike Suidwes-Afrika en suidelike Angola.

1980's

  • Noodtoestand (1985-90): verskeie keer vir binnelandse veiligheidsdienste opgeroep.

1990's

  • Sedert 1994 is militêre diens weer vrywillig.
  • Toe die Burgermag na 1994 in die reserwemag omskep is word die CTR 'n reserwemageenheid.

2000's

  • Die regiment vier in 2005 sy 150ste bestaansjaar.

Gevegsonderskeidings

  • Gaika-Gcaleka 1877
  • Transkei 1879
  • Basutoland 1880-81
  • Bechuanaland 1897
  • South Africa 1899-1902
  • South West Africa 1914-15
  • East Africa 1940-41; El Wak; The Juba; Combolcia; Amba Alagi
  • Western Desert 1941-43; Sidi Rezegh; Gazala; Alem Hamza; Alamein Defence; El Alamein.

Verwysings

  • MacKenzie, A.G. (1957). The Dukes.
  • Orpen, N.D. (1984). The Dukes.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.