Carike Keuzenkamp - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Carike Keuzenkamp.

Carike Keuzenkamp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Carike Keuzenkamp
GeboortenaamElizabeth Maria Magdalena Keuzenkamp
Geboorte3 Maart 1947 (1947-03-03) (72 jaar oud)
Den Haag, Nederland
Beroep(e)Sangeres
Tipe stemSopraan
Aktiewe jare1967 - hede
EtiketteMusic for Pleasure, Columbia, EMI, Brigadiers, Decibel, Vat Vyf, Sony BMG, Kosmos
Portal.svg Musiekportaal

Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Elizabeth Maria Magdalena van Zyl. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. Haar vader en moeder was Carel Keuzenkamp en Rik Loomans. Op 13 Julie 1968 trou sy met Olaus van Zyl en saam het hulle een seun en twee dogters.

In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.[1]

Musiek

Carike is bekend vir liedjies soos Timothy, Byeboerwa, Hoeka Toeka en Dis 'n Land. Van haar kinderliedjies sluit in: Heidi en Daantjie Kat.

Diskografie

Ateljeealbums

  • 1968: The Charm Of Carike
  • 1969: Almal se keuse
  • 1969: Carike
  • 1970: Gone Like The Wind
  • 1971: Reëndruppeltjies
  • 2002: Die vroeë jare

Kompilasiealbums

  • 1969: 25 Skitterstêrre
  • 1977: Skittersterre Nr 3
  • 1999: Afrikaanse volksliedjies

Filmografie

TV

Carike was die aanbieder van die SAUK se kinderprogram Kraaines.

Rolprente

Carika het in 1967 in Jamie Uys se rolprent, Die Professor en die Prikkelpop gespeel. Sy het die 4 Jacks and a Jill-treffer, Timoty, in hierdie rolprent gesing.

Carike was in die 1986-rolprent You Must Be Joking! te sien saam met bekendes soos Rina Hugo, Kallie Knoetze, Leon Schuster, Mike Schutte en Janine Pretorius.

Sy het ook haar verskyning in die rolprent Liefling in 2010 gemaak.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  1. Afrikaanse kunstenaars tops by Samas, Nuus24, besoek op 18 Maart 2010
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Carike Keuzenkamp
Listen to this article