Christendom (uitbreiding en vervolging)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die eerste klein Christelike gemeente is deur die apostel Petrus in Judea gestig. Danksy die ywerige sendingwerk van die apostels, het die Christendom binne 'n kort tydjie dwarsdeur die Romeinse Ryk versprei. Oral is gemeentes gestig en die Kerk, as bewaarder van Gods Woord, is op 'n stewige grondslag georganiseer. Die wrede en stelselmatige vervolging van die Christene deur Rome, veral in die 3e eeu, kon die Christendom nie vernietig nie en het dit eerder versterk. In 313 het keiser Konstantyn amptelike erkenning verleen aan die Christelike geloof in die Romeinse Ryk en in 380 is dit tot staatsgodsdiens. van die Ryk verhef. Na die val van die Wes-Romeinse Ryk het die Kerk die bewaarder van die Romeinse beskawing geword en die Christendom onder die Germane versprei.