Christine D'Haen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Christine D'haen (25 Oktober 1923 – 3 September 2009) was 'n Vlaamse skryweres en digteres. Sy is in Sint-Amandsberg gebore en in Brugge oorlede.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Christine D'haen | |
---|---|
Gebore | (1923-10-25)25 Oktober 1923 Sint-Amandsberg, België |
Sterf | 3 September 2009 (op 85) Brugge, België |
Nasionaliteit | België |
Beroep | digteres, skryfster |
Sluit
D'haen het Germaanse filologie aan die Universiteit van Gent studeer en daarna haar studies voortgesit in Amsterdam en Edinburgh. Sy het haar in Brugge gevestig en 'n hoërskoolonderwyseres geword.
Sy het 'n inventaris gemaak van Guido Gezelle se geskrifte terwyl sy by die Gezelle-argief gewerk het. Sy het ook 'n biografie oor Guido Gezelle geskryf en van Hugo Claus se werke in Engels vertaal.
In 1958 het haar eerste digbundel getiteld Gedichten 1946-1958 verskyn.