Colonia del Sacramento
From Wikipedia, the free encyclopedia
Colonia del Sacramento (Portugees: Colônia do Sacramento) is 'n dorp in die suidweste van Uruguay, teen die Río de la Plata en sowat 177 kilometer wes van die hoofstad Montevideo af geleë, met 'n bevolking van 25 762 in 2011. Dit is die oudste nedersetting in die land en hoofstad van die departamento Colonia. Veerbote verbind die nedersetting met die Argentynse hoofstad Buenos Aires.
Kitsfeite Land, Department ...
Colonia del Sacramento | |
---|---|
Stad | |
Stadsmuur met stadspoort | |
Koördinate: 34°28′11″S 57°50′48″W | |
Land | Uruguay |
Department | Colonia |
Stigting | 1680 |
Hoogte | 23 m (75 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 25 762 |
Tydsone | UTC-3 (UYT) |
• Somertyd | UTC-2 (UYST) |
Poskode | 70000 |
Skakelkodes | +452 |
Webwerf | colonia.gub.uy |
Sluit