Gekoördineerde Universele Tyd
huidige tydstandaard of wêreldtyd / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gekoördineerde Universele Tyd of Universal Time Coordinated, UTC, dikwels ook Burgerlike Tyd genoem, is die huidige tydstandaard of wêreldtyd. Die Gekoördineerde Universele Tyd het reeds in 1926 die vroeër gebruiklike Middelbare Greenwichtyd (MGT) vervang (wat volgens astronomiese beginsels gewerk het) en is 'n kombinasie van die Internasionale Atomiese Tyd (TAI) en die Universele Tyd (UT). Volgens 'n internasionale konvensie word tydsones as 'n positiewe of negatiewe afwyking van UTC aangedui. Die Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST) word dus as UTC+2 aangedui.
Toe hierdie bladsy gelaai het, was dit 2024-03-22T03:15 UTC |
(W3C Datum- en Tydformate) |
By toepassings op globale vlak (byvoorbeeld die internet) word tydstippe gereeld in UTC en op 'n universele manier genoteer, o.a. met die behulp van 'n 24 uur notasie, sonder punte, nm/vm ens. Die notasie 1315 UTC beteken dus kwart-oor-een die middag, volgens die standaardkonvensie (op die nul-meridiaan).
In die militêre sfeer en in die burgerlike lugvaart word soms ook die afkorting "Z" of "Zulu" gebruik soos in "1320z". Die "Z" verwys na die zero meridian of nulmeridiaan.
UTC is die standaardverwysing vir die volgende tydsbepalings:
- in die lugvaart en seevaart,
- in die sinoptiese weerkunde,
- vir algemene wetenskaplike doeleindes (behalwe vir spesifieke tydsbepalings),
- vir internasionale projekte wat oor 'n aantal tydsones strek,
- vir amateurradio,
- op die Internasionale Ruimtestasie (ISS),
- in Antarktika,
- op talle internasionale Internet-portale,
- in vonkposse.