Sterrekundige From Wikipedia, the free encyclopedia
Nicolaas Copernicus (Duits: Nikolaus Kopernikus, Pools: Mikołaj Kopernik; * 19 Februarie 1473, † 24 Mei 1543) was die eerste sterrekundige wat 'n omvattende heliosentriese kosmologie (in teenstelling met 'n geosentriese kosmologie) bewoord het, waarvolgens die son, en nie die aarde nie, die middelpunt van die sonnestelsel is.[3]
Nicolaas Copernicus | |
Geboortenaam | Niklas Koppernigk (de) |
---|---|
Gebore | 19 Februarie 1473 Thorn, Koninklike Pruise |
Oorlede | 24 Mei 1543 (op 70) Frauenburg, Prins-bisdom Ermland, Koninklike Pruise |
Nasionaliteit | Koninklike Pruise[1][2] |
Vakgebied | Sterrekunde, kanonieke wetgewing, Ekonomie, Wiskunde, medisyne, politiek |
Alma mater | Universiteit van Krakow Universiteit van Bologna Universiteit van Padua Universiteit van Ferrara |
Bekend vir | Heliosentrisme Copernicus se wet Koperniese beginsel |
Handtekening |
Reeds op jeugdige ouderdom het hy albei sy ouers verloor en het sy oom, 'n Katolieke priester, die jong Nicolaas aangeneem. Sy oom het hom na die Universiteit van Krakof in Pole gestuur, waar hy die teologie, wiskunde en sterrekunde bestudeer het. Later is hy na Italië, waar hy in Bologna in die regte en in Padua in die geneeskunde gestudeer het. Na tien jaar het sy oom, wat intussen 'n biskop geword het, Nikolaas na Pole laat terugkom om sy sekretaris te word.[4]
Sy boek, De revolutionibus orbium coelestium ("Oor die omwentelings van die hemelliggame"), is in 1543, kort voor sy dood, gepubliseer en word dikwels beskou as die beginpunt van moderne sterrekunde en die bepalende openbaring wat die Wetenskaplike Revolusie teweeggebring het. Sy heliosentriese model, waarin die Son in die middel van die heelal is, het getoon dat die beweging van hemelliggame verklaar kon word sonder dat die Aarde in die middel van die heelal hoef stil te staan. Sy werk het verdere wetenskaplike ondersoek aangespoor en 'n mylpaal in die geskiedenis van moderne wetenskap geword, waarna vandag dikwels verwys word as die Koperniese Revolusie.
Kopernikus tel onder die grootse veelweters van die Renaissance en was 'n wiskundige, sterrekundige, geneesheer, geleerde van die klassieke, vertaler, kunstenaar, Roomse geestelike, regsgeleerde, goewerneur, militêre leier, diplomaat en ekonoom. Tussen al sy verantwoordelikhede was sterrekunde nie veel meer as 'n stokperdjie nie, alhoewel dit juis in dié vakgebied was wat hy sy stempel op die wêreld afgedruk het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.