Così fan tutte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Così fan tutte, ossia La scuola degli amanti (Italiaans: [koˈzi fan ˈtutte osˈsiːa la ˈskwɔːla deʎ aˈmanti]), K. 588, is 'n komiese opera (opera buffa) deur Wolfgang Amadeus Mozart. Daarin bak twee mans twee susters 'n poets om te toets of die vroue regtig vir hulle lief is en aan hulle getrou sal wees.[1]
Così fan tutte | |
---|---|
ossia La scuola degli amanti | |
deur W. A. Mozart | |
Die eerste uitvoering van Così fan tutte. | |
Katalogus | K. 588 |
Die opera het twee bedrywe volgens die libretto (teks) van Lorenzo da Ponte. Die eerste opvoering was op 26 Januarie 1790 in Wene en was 'n groot sukses. Omdat keiser Jozef II op 20 Februarie 1790 oorlede is, word alle teaters gesluit en word die opera eers weer in Junie 1790 hervat.
Così fan tutte word nog steeds reëlmatig in die groot operahuise oor die wêreld opgevoer en word as een van Mozart se mees musikale operas beskou. Volgens oorlewering is die opera gebaseer op 'n werklike gebeurtenis wat in Wene plaasgevind het. In die 19de eeu is die opera as ietwat stuitig beskou, en is dit selde opgevoer. Ander operas soortgelyk in uitvoering en styl is Le nozze di Figaro en Don Giovanni, eweneens op die libretti van Da Ponte gebaseer.
Die titel beteken "So doen hulle almal" of "Die skool vir geliefdes" en sinspeel op die onbetroubaarheid van vroue in die liefde.