D.F. du Toit
From Wikipedia, the free encyclopedia
Daniël Francois du Toit (1846–1923), of Oom Lokomotief soos hy bekend gestaan het, was 'n taalstryder, joernalis en letterkundige. Hy was vir veertien jaar lank redakteur van Di Patriot gewees en was 'n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners.[1]
Kitsfeite Daniël Francois du Toit, Gebore ...
Daniël Francois du Toit | |
---|---|
D.F. du Toit (Oom Lokomotief) | |
Gebore | 15 Januarie 1846 Plaas Kleinbos, Daljosafat |
Sterf | 22 April 1923 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Joernalis Redakteur |
Bekend vir | Taalstryder |
Sluit
Die sterk groei van Di Patriot was grotendeels te danke aan sy oorname as redakteur en die politieke menings wat daarin gelig is. Met die anneksasie van Transvaal (12 April 1877) en gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (1880–1881) het die koerant byvoorbeeld sterk ondersteuning aan Transvaal gegee.
Hy was die broer van die taalstryder S.J. du Toit.[2]