De Waterkant
Sub-distrik van die voorstad Groenpunt, Kaapstad in die Wes-Kaap Provinsie, Suid Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
De Waterkant is 'n sub-distrik van die voorstad Groenpunt, Kaapstad. Die omgewing lê aangrensend tot die sentrale sakegebied op die suidoostelike einde van Somersetweg. In die suide grens dit aan die historiese bruin distrik die Bo-Kaap.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
De Waterkant | |
---|---|
Koördinate: 33°54′55″S 18°25′00″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1760 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,30 km2 (0,12 vk. myl) |
Hoogte | 39 m (128 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 361 |
• Digtheid | 1 203/km2 (3 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 75.3% |
• Indiërs/Asiërs | 5.5% |
• Bruin mense | 5.0% |
• Swart mense | 11.6% |
• Ander | 2.5% |
Taal (2011) | |
• Engels | 69.8% |
• Afrikaans | 17.2% |
• Sotho | 1.4% |
• Ander | 11.6% |
Sluit
De Waterkant is tipies 'n gesogte adres vir jong professionele mense, die bo-klas gay en lesbiese gemeenskap en nisrestaurante en kleinhandelaars.