From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Derde Oorgangstydperk van Antieke Egipte het begin met die dood van farao Ramses XI in 1070 v.C. en die einde van die Nuwe Ryk, en het geëindig met die begin van die Laat Tydperk. Laasgenoemde word gewoonlik beskou as die stigting van die 26ste Dinastie deur Psamtik I in 664 v.C. ná die uitdrywing van die Nubiese heersers van die 25ste Dinastie deur die Assiriërs onder koning Assoerbanipal.
Die Derde Oorgangstydperk was ’n periode van verval en politieke onstabiliteit wat gekenmerk is deur ’n verdeling van die staat en besetting deur buitelanders. Baie aspekte van die gewone Egiptenare se lewe het egter nie veel verander nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.