Vlieënde lemurs of kolugo's (Dermoptera) is 'n soogdierorde wat tot die superorde Euarchontoglires behoort.

Kitsfeite Dermoptera, Wetenskaplike klassifikasie ...
Dermoptera
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Euarchontoglires
Orde:
Dermoptera

Illinger 1811
Sluit

Hulle is naverwant aan die Primate.

Daar word gewoonlik net een familie met twee spesies erken:[1]

  • Fam. Cynocephalidae
    • Die Filippynse kolugo Cynocepahus volans
    • Die Soenda-kolugo Galeopterus variegatus

C. Volans kom net op die suidelike Filippyne voor, G. variegatus het 'n groter voorkomsgebied wat Indo-China, Malakka, Borneo, Sumatra, Java en party kleiner eilande omvat. Dit is egter moontlik dat dit nie een spesie is, maar dalk verdeel moet word in party afsonderlike spesies.

Kolugo's is heeltemal arboreaal: hulle leef in die bome en op die grond is hulle baie hulpeloos. Hulle het 'n vlies wat die toppe van hul vingers en tone met hulle stert verbind en waarmee hul van die een na die ander boomstam kan sweef. Die sweeftog kan 100 m bereik sonder om baie hoogte te verloor. Hulle is nagdiere wat veral blare, knoppe, blomme en vrugte vreet.[2] Hulle kry net een kleintjie wat taamlik onderontwikkeld is en met mama meereis. Die Filippynse arend Pithecophaga jefferyi jag op hulle en 90% van wat hy vreet is kolugo's.[3]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.