From Wikipedia, the free encyclopedia
Dievturība is 'n Nieuheidense religieuse beweging wat daarop aanspraak maak dat dit 'n moderne herlewing van die ou Letlandse volksgodsdiens is soos dit voor die kerstening in die 13de eeu bestaan het. Aanhangers verwys na hulself as Dievtuŗi (enkelvoud Dievturis), letterlik "Bewaarders van Dievs" of "mense wat in harmonie met Dievs lewe".
| |
---|---|
Hoofartikels | |
Baltiese godsdiens | |
Hoofgodhede | |
Perkūnas · Gabija · Žemyna · Dievas | |
Heiligdomme en aanbidding | |
Alka · Romuva · Boomkultus | |
Rekonstruksie | |
Baltiese neopaganisme | |
|
Die beweging is in 1925 deur die argeoloog Ernests Brastiņš (1892-1942) in die lewe geroep. Die kommunistiese Russiese bewindhebbers het die godsdiens gedurende die Sowjet-besetting van Letland sedert 1940 onderdruk, maar dit het later herleef. Dievturība is tans getalsgewys relatief onbeduidend (volgens amptelike statistieke het die getal aanhangers in 2006 sowat 650 beloop[1]).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.