From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Dochiariou-klooster (Grieks: Μονή Δοχειαρίου) is ’n Oosters-Ortodokse klooster op Berg Athos in Griekeland. Dit is 10de in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan die aartsengele Migael en Gabriël. Daar is tans sowat 30 monnike.
Die klooster is die 10de eeu gestig. Een van die kultuurskatte in sy besit is die Ikoon van die Maagd "Gorgoypikoos" ("Sy Wat Gou Hoor"). In die biblioteek is 545 manuskripte, 62 van hulle op perkament, en meer as 5 000 gedrukte boeke.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.