Doringbaai-vuurtoring
vuurtoring in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Doringbaai-vuurtoring is 'n vuurtoring aan die Atlantiese Oseaan by Doringbaai, 'n vakansieoord en vissersdorpie omtrent 8 km suidoos van Strandfontein.
Die huidige vuurtoring is in 1963 opgerig nadat die oorspronklike toring in 'n windstorm vernietig is. Dit is 'n 24 meter hoë betontoring met 'n lantern en galery wat wit geverf is en 'n horisontale swart band aan die bokant van die toring.[1]