Eduard die Ouere
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eduard die Ouere (Engels: Edward the Elder; Oud-Engels: Ēadweard se Ieldra) (871-924) was van 899 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van Alfred die Grote, wat hy ná sy dood opgevolg het. Hy het die Oostelike Middellande en Oos-Anglië in 917 van die Dene verower en het in 918 die heerser van Mercië geword ná die dood van sy suster Ethelfled.
Kitsfeite Huis, Regeer ...
Eduard die Ouere | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Huis | Wessex |
Regeer | 899 – 924 |
Voorganger | Alfred die Grote |
Opvolger | Athelstan van Engeland of Ethelweard van Wessex |
Eggenote | Ecgwynn Elffled Eadgifu van Kent |
Kinders | Sowat 13, o.a. Athelstan Ethelweard Edmund Edred |
Gebore | c. 870; Wessex |
Oorlede | 924; Cheshire, Engeland |
Vader | Alfred die Grote |
Moeder | Ealhswith |
Sluit
Sy opvolging is betwis deur sy neef Ethelwold, wat by die Dene in Northumbrië en Oos-Anglië aangesluit het. Ethelwold se dood in 902 het ’n einde gemaak aan dié stryd.