Elektriese drywing
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die elektriese drywing (P) van 'n elektriese apparaat is 'n grootheid vir die hoeveelheid energie wat die apparaat binne 'n bepaalde tydseenheid gebruik. Die mees gebruikte eenheid vir elektriese drywing is die watt (W).
Die elektriese drywing word deurgaans bereken deur middel van die volgende formule:
waar:
- V: die effektiewe waarde van die elektriese spanning, uitgedruk in volt
- I: die effektiewe waarde van die elektriese stroom, uitgedruk in ampère