Die elektron (simbool e- of β-) is ’n elementêre subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief een elementêre lading is.[7] Elektrone behoort tot die eerste generasie van die lepton-familie[8] en word as elementêre deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie.[1] Die elektron het ’n massa van sowat 1/1836 van dié van die proton.[9] Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aan Joseph John Thomson.

Kitsfeite
Elektron
Thumb
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
SamestellingElementêre deeltjie[1]
StatistiekFermionies
GroepLepton
GenerasieEerste
WisselwerkingSwaartekrag, elektromagneties, swak
Simboole-, β-
AntideeltjiePositron (of anti-elektron)
GeteoretiseerRichard Laming (1838-1851),[2]
George Johnstone Stoney
(1874) en ander.[3][4]
OntdekJ.J. Thomson (1897)[5]
Massa9,10938356(11)×1031 kg[6]
5,48579909070(16)×104 u[6]
[1 822,8884845(14)]-1 u
0,5109989461(31) MeV/c2[6]
Elektriese lading1 e
1,6021766208(98)×1019 C[6]
Spin1/2
Swak isospinLH: -1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: -1, RH: -2
Sluit

Elektrone omring die kern van protone en neutrone in ’n elektronskikking. Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei, waarvan die oorsprong die Griekse woord 'ηλεκτρον is, wat "barnsteen" beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van ’n dier, byvoorbeeld ’n kat, te vryf. Die laaste deel, -on, wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woord ioon afgelei.

Die antideeltjie van ’n elektron is ’n anti-elektron of positron.

Eienskappe

Elektrone speel ’n belangrike rol in verskeie fisikaverskynsels, soos elektrisiteit, magnetisme, chemie en termiese geleiding, en is ook betrokke by swaartekrag-, elektromagnetiese en swak wisselwerkings.[10]

Thumb
Die elektron se plek in die Standaardmodel (onder leptone).

Omdat ’n elektron ’n lading het, het dit ’n omringende elektriese veld, en as daardie elektron relatief tot ’n waarnemer beweeg, sal dit ’n magneetveld genereer. Elektromagnetiese velde wat van ander bronne af kom, sal die beweging van ’n elektron beïnvloed volgens die Lorentz-kragwet.

Elektrone straal energie uit of absorbeer dit in die vorm van fotone as hulle versnel word. Laboratoriuminstrumente kan individuele elektrone sowel as elektronplasma vasvang deur die gebruik van elektromagnetiese velde. Elektrone is ook betrokke by baie toepassings soos elektronika, sweiswerk, elektronmikroskope, bestralingsterapie, lasers en deeltjieversnellers.

Wisselwerkings tussen elektrone en ander subatomiese deeltjies is belangrik op terreine soos chemie en kernfisika. Die Coulomb-kragwisselwerkings tussen die positiewe protone in ’n atoomkern en die negatiewe elektrone daarbuite laat die samestelling van die twee toe wat as atome bekend is. Ionisasie of verskille in die proporsies van negatiewe elektrone teenoor positiewe kerns verander die bindingsenergie van ’n atoomstelsel. Die uitruil of deel van elektrone tussen twee of meer atome is die hoofoorsaak van chemiese binding.[11]

Elektrone is ook betrokke in kernreaksies, soos nukleosintese in sterre, waar hulle bekend is as betadeeltjies. Elektrone kan geskep word deur die betaverval van radioaktiewe isotope en in hoë-energiebotsings, soos wanneer kosmiese strale die atmosfeer binnekom.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.