Ernst August (Latyn: Ernestus Augustus; 20 November 1629 – 23 Januarie 1698) was die Hertog van Brunswyk-Lüneburg en het oor die prinsdom Calenberg (met Hannover as hoofstad) regeer. Hy is as keurvors van Hannover aangestel, maar is oorlede voor die aanstelling in werking getree het. Hy was ook die prins-biskop van Osnabrück.

Kitsfeite Vorstehuis, Heerser ...
Ernst August
Hertog van Brunswyk-Lüneburg
Aangewese keurvors van Hannover
Thumb
Vorstehuis Hannover
Heerser Calenberg
Regeer 1679–1698
Voorganger Johan Frederik
Opvolger Georg Lodewyk
Prins-biskop Osnabrück
Gebore 20 November 1629
Oorlede 23 Januarie 1698 (op 68)
Eggenote Sophia van die Palts
Kinders George I van Groot-Brittanje
Friedrich August
Maximilian Wilhelm
Sophie Charlotte
Karl Philipp
Christian Heinrich
Ernst Augustus
Vader Georg, Hertog van Brunswyk-Lüneburg
Moeder Anna Eleonore van Hesse-Darmstadt
Sluit

Diana, Prinses van Wallis was ’n afstammeling van hom, so ook alle Britse monarge van George I tot die huidige koningin, Elizabeth II.

Lewe

Ernst August is op Herzberg am Harz gebore as die seun van Georg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg, en Anna Eleonore van Hesse-Darmstadt. In 1658 is hy in Heidelberg, Duitsland, getroud met Sophia van die Palts. As die vierde seun was die kans baie skraal dat hy sy pa as heerser sou opvolg en dus het sy familie hom in 1662 aangestel as prins-biskop van Osnabrück. Nadat twee van sy broers egter sonder kinders gesterf het, het Ernst August die gebied Calenberg van sy pa geërf.

In die Groot Turkse Oorlog het hy aan die kant van keiser Leopold I van die Heilige Romeinse Ryk geveg. In 1692 het die keiser hom aangestel as keurvors. Dit sou egter eers in 1708 in werking tree, en Ernst August is in 1698 oorlede. Hy is as hertog opgevolg deur sy seun Georg Lodewyk, wat later koning van Groot-Brittanje sou word.

Kinders

Meer inligting Naam, Gebore ...
NaamGeboreOorledeNotas
Georg Lodewyk28 Mei 166011 Junie 1727Hy het ná sy ma se dood die troonopvolger van Groot-Brittanje geword en koningin Anna van Groot-Brittanje opgevolg as koning George I.
Friedrich August3 Augustus 166131 Desember 1690In ’n veldslag dood
Doodgebore seunFebruarie 1664Februarie 1664
Maximilian Wilhelm13 Desember 166616 Julie 1726
Doodgebore seun13 Desember 166613 Desember 1666Maximilian se tweelingbroer
Sophie Charlotte30 Oktober 166821 Januarie 1705Sy het getrou met koning Frederik I van Pruise
Karl Philipp3 Oktober 166931 Desember 1690In ’n veldslag dood
Christian Heinrich19 September 167131 Julie 1703In ’n veldslag dood
Ernst August7 September 167414 Augustus 1728Hertog van York en Albany
Sluit

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.