Eurasië
kontinent / From Wikipedia, the free encyclopedia
Eurasië is die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan. Dit is meestal in die oostelike en noordelike halfrond geleë. Eurasië kan beskou word as 'n superkontinent, as deel van die superkontinent Afrika-Eurasië, of eenvoudig as 'n kontinent. In plaattektonika sluit die Eurasiese Plaat Europa en meeste van Asië, maar nie die Indiese subkontinent, die Arabiese subkontinent, en die gebied oos van die Cherskiybergreeks in Sakha in nie. Eurasië word ook in internasionale politiek gebruik as a neutrale manier om na organisasies of aangeleenthede betreffende die post-Sowjetstate te verwys. Europa en Asië word tradisioneel as aparte kontinente gesien met die skeidslyn langs die Egeïese See, Dardanelle, Bosporus, Swartsee, Kaukasusberge, Kaspiese See, Oeralrivier, en Oeralgebergte.
Oppervlakte | 54 759 000 km² |
---|---|
Bevolking | 4 620 000 000 |
Bevolkingsdigtheid | 84 inwoners/km² |
Lande | 92 |
Tydsones | UTC±0 (Ysland) tot UTC+12 (Rusland) |
Eurasië se dominante plek in wêreldgeskiedenis word soms toegeskryf aan die oos-wes uitgestrektheid, die klimaatsones daarvan, en die beskikbaarheid van Eurasiese diere en plante wat hulle tot vee- en landbou leen.
Die Sjinese syroete simboliseer handel en kulturele bande tussen die Eurasiese kulture.