Frederik Bosman
From Wikipedia, the free encyclopedia
Frederik Christiaan Ludolph Bosman (17 Mei 1898 – 25 Mei 1981) was ’n skrywer en redakteur van verskeie geskrifte oor die Afrikaanse toneelbedryf. Hy was lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad en die eerste voltydse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy was ook professor aan die Universiteit van Pretoria, bestuurslid van die eertydse Nasionale Toneelorganisasie (NTO) en later ’n lid van die ou Truk se toneelkomitee. Hy het gesaghebbende boeke oor die toneelgeskiedenis in Suid-Afrika geskryf. Sy handleiding oor die geskiedenis van die Afrikaanse teater is in die 1970’s deur dramadepartemente voorgeskryf.[1]
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
F.C.L. Bosman | |
Dr. F.C.L. Bosman, 1959. | |
Geboortenaam | Frederik Christiaan Ludolph Bosman |
---|---|
Geboorte | 17 Mei 1898 Kuilsrivier, Kaapkolonie |
Sterfte | 25 Mei 1981 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, akademikus |
Sluit