Forum vir China-Afrika-Samewerking
From Wikipedia, the free encyclopedia
Forum vir China-Afrika-Samewerking, (Engels: The Forum on China–Africa Cooperation (FOCAC) Vereenvoudigde Chinese karakters: 中非合作论坛; tradisionele Chinees: 中非合作論壇; pinyin: Zhōng Fēi hézuò lùntán; Frans: Forum sur la coopération sino-africaine) is 'n amptelike forum tussen die Volksrepubliek van China en alle state in Afrika (met die uitsondering van Eswatini, die laaste Afrika-staat waarmee Kommunistiese China nie tans diplomatieke verhoudinge het nie, aangesien dit Taiwan erken). Daar was tot dusver drie spitsberaadbyeenkomste gehou, met die mees onlangse wat van 3 tot 4 September 2018 in Beijing, China plaasgevind het. Die eerste spitsberaad is in November 2006 in Beijing gehou.