Olivien is 'n mineraal met samestelling (Fe,Mg)2SiO4. Dit is 'n nesosilikaat. Die eindlede van die mengreeks word forsteriet Mg2SiO4[1] en fayaliet Fe2SiO4[2] genoem en in Engels word dikwels die term Fayalite-Forsterite Series gebruik pleks van olivine.

Meer inligting Portaal Geologie ...
Olivien
 
Forsteriet-Olivien 
FormuleMg2SiO4 
OnsuiwerhedeFe 
Nickel-Strunz (10)9.AC.05  
Kleurgroen, liggeel, wit 
Streepwit 
Glansglasagtig 
Hardheid7 (Mohs)[1] 
Digtheid3.275 g/cm3 
Dubbelbrekingtweeassig (+) 
RI-waardesnα = 1.636 – 1.730 nβ = 1.650 – 1.739 nγ = 1.669 – 1.772 
Kristalsisteemortorombies 
RuimtegroepPbnm 
Strukturbericht-kodeS1 
Eenheidsela = 4.754 Å, b = 10.1971 Å, c = 5.9806 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie
Sluit

Olivien is baie volop en een van die belangrikste minerale wat in achondriete aangetref word en S-tipe asteroïde soos 25143 Itokawa bevat dit.[3] Kenmerkend vir komatiïet-lawas is hulle hoë smeltpunt en 'n spinifeks-tekstuur van olivien-kristalle.[4] Olivien word op talle plekke in Suid-Afrika aangetref soos die Driekopmyn, Zondereindemyn en Zwartkopmyn in Limpopo of die Star-, Jagersfontein of Koffiefonteinmyn van Vrystaat. Dit word ook in meteoriete gevind soos die Molteno-, Malvern-, Benoni- of Macibinimeteoriete wat in Suid-Afrika geval het.[5]

Struktuur

Olivien het 'n ortorombiese struktuur waarin losse SiO4-tetraëders herken kan word. Dit is die argetipe van die S1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Tussen hierdie nesosilikaatgroepe is die metaalatome in twee verskillende kristallografiese posisies. Hulle is albei oktaëdriese maar M1 is kleiner as M2 en daar is aanwysings dat yster 'n voorkeur vir die kleiner oktaëder het, veral indien gedeeltelike oksidasie plaasvind en Fe3 gevorm word pleks van Fe3. Die elektriese geleiding is afhanklik van die suurstofaktiwiteit en geleiding vind veral in die c-rigting van die rooster plaas. Die termiese uitsetting by hoër temperatuur betref hoofsaaklik die metaal-suurstof-afstande; die silikaat-tetraëders bly amper onveranderd.[6]>

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.