From Wikipedia, the free encyclopedia
Frédéric Mistral (8 September 1830 – 25 Maart 1914) was 'n Franse digter. Hy was die leier van die 19de eeuse herlewing van Oksitaans, 'n taal van die gebied. In 1904 deel hy die Nobelprys vir Letterkunde met José Echegaray y Eizaguirre vir sy bydrae tot die letterkunde en filologie.[1]
Frédéric Mistral is gebore in Maillane, in die Bouches-du-Rhône département van Frankryk. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Aix-en-Provence en, welaf genoeg om nie te hoef te werk nie, spandeer sy lewe daaraan om Oksitaans weer op die been te bring. Hy ontwikkel byvoorbeeld 'n woordeboek in Oksitaans, en stig 'n etnografiese museum in Arles. Hy sterf ook in Maillane.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.