Garfield Todd
From Wikipedia, the free encyclopedia
Reginald Stephan Garfield Todd (13 Julie 1908 – 13 Oktober 2002) was 'n eerste minister van Suid-Rhodesië. Hy is op 13 Julie 1908 in Invercargill, Nieu-Seeland, gebore. Hy ontvang sy opleiding aan die Universiteit van Otago, die Universiteit van die Witwatersrand en ook aan die Butler-universiteit in die Verenigde State. In 1934 vestig hy hom in Rhodesië as superintendent van die Dadaya-sending. In 1946 word hy tot die parlement verkies en was eerste minister van Suid-Rhodesië van 1953 tot 1958. Na sy aftrede word hy leier van die Central Africa Party. Hy is op 13 Oktober 2002 in Bulawayo, Zimbabwe, oorlede.
Kitsfeite Monarg, Voorafgegaan deur ...
Garfield Todd | |
5de Eerste Minister van Suid-Rhodesië | |
Ampstermyn 7 September 1953 – 17 Februarie 1958 | |
Monarg | Elizabeth II |
---|---|
Voorafgegaan deur | Godfrey Huggins |
Opgevolg deur | Edgar Whitehead |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | (1908-07-13)13 Julie 1908 Invercargill, Nieu-Seeland |
Sterf | 13 Oktober 2002 (op 94) Bulawayo, Zimbabwe |
Politieke party | Verenigde Rhodesiese Party Verenigde Federale Party |
Eggenoot/-note | Grace |
Kind(ers) | Judith Todd Alycen Watson Cynthia Gay Todd |
Alma mater | Universiteit van Otago Universiteit van die Witwatersrand Butler-universiteit |
Sluit