Gebeurtenisse wat tot die Eerste Wêreldoorlog gelei het
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gebeurtenisse wat tot die Eerste Wêreldoorlog gelei het verwys na voorvalle in Europa en elders wat gedurige wrywing tussen die verskillende Europese state veroorsaak het en eindelik op ’n wêreldoorlog in 1914 uitgeloop het. Dit word ook nou verbind met die verloop van gebeure in die Balkanstate ná die Frans-Pruisiese Oorlog. Dit was as gevolg van gebeurtenisse in die Nabye-Ooste dat Duitsland en Rusland mettertyd vervreemd geraak het en dat Rusland en Oostenryk as vyande teenoor mekaar te staan gekom het.