Gebruiker:Wordscape/temp34
From Wikipedia, the free encyclopedia
Numeneus (van Klasieke Latyn numen) is ‘n Afrikaanse byvoeglike naamwoord waardeur die mag of teenwoordigheid van ʼn godheid beskryf word. Die term is gepopulariseer in die vroeë twintigste eeu deur die Duitse teoloog Rudolf Otto in sy invloedryke boek Das Heilige (1917; vertaal in Engels as The Idea of the Holy, 1923). Aldus Otto het die numeneuse ervaring twee aspekte: mysterium tremendum, as die geneigdheid om vrees en bewing op te roep; en mysterium fascinans, die geneigdheid om aan te trek, te fassineer en te oorrompel. Die numeneuse ervaring het ook ʼn persoonlike faset daarin dat die persoon een voel met ʼn radikaal andere. Die numeneuse ervaring kanonder verskillende omstandighede lei tot geloof in gode, die gewyde, die heilige, en die transendente.