Geldsoorte van die Kaapkolonie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die muntgeskiedenis van die Kaapkolonie bevat drie periodes. Die eerste, die Nederlandse koloniale periode loop vanaf 1652 tot die begin van die tweede Britse besetting (1806). Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap dieselfde geldsisteem as Nederland en sy kolonies. Die tweede periode loop van die begin van die tweede Britse besetting (1806) tot die herroeping van die rijksdaalder notas in 1824. Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap beide die Nederlandse geldsisteem en die Britse geldsisteem. Die derde periode is die Britse koloniale periode wat vanaf 1824 geloop het totdat Suid Afrika sy eie munte in 1923 gekry het. Gedurende die begin van hierdie periode is die ou Nederlandse geld herroep en die Kaap het Britse geld gebruik.