Genetiese boukunde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Genetiese boukunde ("genetic engineering") is die tegnologie met behulp waarvan die genetiese inligting met die oog op die sintese van spesifieke proteïene doelgerig uitgeruil kan word tussen verskillende soorte selle van plante-, diere- en bakteriese oorsprong. Die beginsel van die tegnologie, wat soms ook genetiese manipulasie genoem word, berus op die vermoë om:
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Genetiese_manipulasie.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
- die geen wat die inligting bevat vir die sintese van 'n spesifieke proteïen, te isoleer;
- die geen te rekombineer met die genetiese materiaal van 'n bepaalde draer, wat dit op sy beurt na 'n sel kan oordra;
- die nodige modifikasies aan te bring, wat die ontvangersel in staat sal stel om die nuwe genetiese inligting te gebruik vir die sin lese van die proteïen.
In die ontwikkeling van die tegnologie het die ontdekking van bepaalde ensieme, soos byvoorbeeld die restriksie-endonukleases en die omgekeerde transkriptase, ʼn deurslaggewende rol gespeel. Die toepassing van hierdie tegnologie het reeds wêreldwye reaksie en belangstelling uitgelok.
Dit maak dit moontlik om bakteriese selle te gebruik as "fabrieke" vir die sintese van groot hoeveelhede proteïene van geneeskundige en ander belang wat normaalweg slegs deur dierselle gesintetiseer word. In beginsel is dit moontlik om die eienskappe van plante wat nie met behulp van natuurlike genetiese kruisings verander kan word nie, selektief te modifiseer. Dit is dus potensieel van onskatbare waarde vir die landbou.