Gereformeerde kerk Wolmaransstad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Wolmaransstad is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die dorp Wolmaransstad in die provinsie Noordwes.
Kitsfeite
Gereformeerde Kerk Wolmaransstad | ||
Sluit in | Leeudoringstad Makwassie Witpoort Wolmaransstad | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Noordwes | |
Huidige predikant(e) | Peet van der Westhuizen | |
Belydende lidmate | 113 | |
Dooplidmate | 38 | |
Adres | Bornmanstraat 51 Wolmaransstad | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 22 April 1899 | |
Afgestig van | Potchefstroom | |
Eerste predikant | J.M. de Wet (1931–'39) |
Sluit
Die gemeente ressorteer onder die Klassis Vryburg, wat in 2014 uit 30 gemeentes bestaan het. In dié klassis is Wolmaransstad die tweede oudste en Vryburg (gestig in 1886) die oudste gemeente. Hoewel Wolmaransstad in 2014 net 183 belydende en 46 dooplidmate gehad het, was dit toe die tiende grootste gemeente in die klassis. In daardie jaar was die leraar ds. M.J.J. Erasmus, een van net 14 predikante in die klassis. Die gemeente Wolmaransstad sluit ook Makwassie, Leeudoringstad en Witpoort in. Die kerkgebou is geleë by Bornmanstraat 51, Wolmaransstad.