Geskiedenis van die Boererepublieke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gedurende die negentiende eeu was die Boererepublieke onafhanklike, Nederlands-sprekende lande in Suidelike Afrika gewees. Die ontstaan van die republieke is in die naloop van die Groot Trek te vinde. Die voortrekkers het klein republieke gestig, maar voor 1852 is hierdie republieke nie deur die Britse of die Kaapse regerings erken nie en is die voortrekkers steeds deur die Kaapse hof as Britse burgers beskou. In 1852 kry die voortrekkers noord van die Vaalrivier onafhanklikheid en die Transvaalse Republiek (later die Zuid-Afrikaansche Republiek) word gestig, met die Sandrivier Konvensie, en in 1854 word die Vrystaatse Republiek ook erken met die Bloemfontein Konvensie.
Die ontdekking van diamante in die Kimberley-gebied (1869) en goud in die Witwatersrand (1886) lei uiteindelik tot die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902). Met die Vrede van Vereeniging (31 Mei 1902) word die Boererepublieke Britse kolonies.