Geskiedenis van die New Age-beweging
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die idee van 'n komende "New Age" is al minstens twee eeue gelede gepropageer deur onder meer die Vrymesselaars en die Rosekruisers (Engels: "Rosicrucians") wat die Franse en Amerikaanse Revolusies ondersteun het. Aleister Crowley, 'n satanis wat homself "Die Groot Dier 666"genoem het, het in 1904 aangekondig dat die 2000-jaar-lange "Era van Horus" aangebreek het wat die Christendom sou vervang en waarvan hy self die hoofprofeet sou wees.