From Wikipedia, the free encyclopedia
Ghaleb Cachalia (gebore 10 Desember 1970) is 'n besigheidman en voormalige lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie.
Ghaleb Cachalia | |
Lid van die parlement | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | 12 November 1956 |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Alma mater | United World College of the Atlantic University of London School of Oriental and African Studies Universiteit van die Witwatersrand |
Cachalia is in 1956 in Johannesburg gebore en het grootgeword in Vrededorp, Fordsburg en in Nuggetstraat.[1]
Hy het die Waterford-skool in Swaziland bygewoon om die apartheidsonderwysstelsel te vermy. Sy skoolopleiding daar is egter onderbreek toe die Suid-Afrikaanse regering hom met "paspoortkwessies" gedreig het weens sy ouers se betrokkenheid by anti-apartheidsaktivisme. Hy is na die buiteland gestuur om tien jaar lank by sy oom en tante in Brittanje te gaan bly.[2]
Terwyl hy in die buiteland was, het hy sy O-vlak-studie voltooi, 'n beurs van die United World College of the Atlantic in Wallis ontvang en daarna geskiedenis studeer aan die University of London School of Oriental and African Studies. Hy het hom vir die Anti-Apartheidsbeweging beywer. Na voltooiing van sy studie keer hy terug na Suid-Afrika, waar hy aan die Universiteit van die Witwatersrand in die regte studeer, 'n graad wat hy nie voltooi het nie. Terwyl hy aan die universiteit was, het hy by die Black Students Society aangesluit en die vise-president geword.[1][2]
Hierdie afdeling moet uitgebrei word. Jy kan bydra deur dit te wysig. |
Cachalia was 'n lewenslange ondersteuner van die ANC. Hy het egter toenemend ontnugter geraak sedert die Wapenaankoopskandaal,[2] en glo nou dat die ANC nie gered kan word van die "kleptokrasie",[1] korrupsie en eiebelang wat die party kenmerk nie.[3] Dit het daartoe gelei dat hy hom tot die DA wend, wat hy altyd as 'n lojale opposisie beskou het. Hy het vroeg in 2016 as gewone lid by die DA aangesluit,[1] en as burgemeesterskandidaat van die DA vir Ekurhuleni tydens die munisipale verkiesing in 2016 gestaan, op 'n platform van deursigtige en verantwoordbare regering.[4][5] Hy het met slegs 11 stemme teen die ANC-kandidaat verloor.[6]
Op 18 Januarie 2024 het Cachalia as lid van die DA en parlement bedank oor verskille met die party se standpunt oor die oorlog tussen Israel en Hamas.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.