Gini-koëffisiënt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gini-koëffisiënt is 'n mate van statistiese verspreiding wat deur die Italiaanse statistikus Corrado Gini ontwikkel is en in 1912 in sy werk Varieerbaarheid en Muteerbaarheid (Italiaans: Variabilità e mutabilità) gepubliseer is. Dit word gewoonlik aangewend as 'n mate van ongelykheid van inkomste of rykdom. Dit het egter ook toepassings in die studie van ongelykhede in sulke diverse velde as gesondheidswetenskappe, ekologie, en chemie.