Groenriviermond-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groenriviermond-vuurtoring is 'n vuurtoring aan die Atlantiese Oseaan by Groenriviermond, die monding van die Groenrivier, omtrent 120 km noordwes van Strandfontein.
Die vuurtoring is in 1988 gebou. Die 17,2 meter hoë betontoring is geel geverf met 'n horisontale swart band.[1] Die lig is afkomstig van die tydelike toring wat tussen 1968 en 1988 by Kaap Agulhas diens gedoen het.[2]